Wyle Edgar Jackson
Wyle Edgar Jackson (36), wat volgens sy ma ‘n liefdevolle mens was wat graag grappies gemaak het.

‘Só is my seun dood’: Ma treur oor Strand-skietery

Wyle Edgar Jackson
Wyle Edgar Jackson (36), wat volgens sy ma ‘n liefdevolle mens was wat graag grappies gemaak het.

Vloekwoorde en die gedagte dat haar seun in ‘n bakleiery betrokke was het Jenita “Loretta” Lewis die aand uit haar bed laat opspring.

Die 58-jarige deel dat haar wêreld daardie noodlottige in duie laat stort het. “Hy was my enigste seun, en hulle het hom van my gevat,” sê Lewis, die ma van wyle Edgar Jackson (36), wat op Donderdag 2 Julie in Casablanca, Strand, doodgeskiet is.

Die skietery het omstreeks 23:45 plaasgevind. Volgens kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is Jackson in Nazlisingel geskiet nadat onbekende mans by die hei-

ning van die gesin se huis opgedaag, met hom en sy vriend gepraat, en een van hulle ‘n vuurwapen uitgehaal en geskiet het.

Jackson het na die agterkant van die erf gehardloop, waar hy ineengestort het. Hy het twee skietwonde opgedoen en is deur nooddienste op die toneel dood verklaar (“Skote eis Casablanca-man“, DistriksPos & Helderberg Gazette, 8 Julie).

LAASTE ASEM UITGEBLAAS

Die aand se gebeure is in die bedroefde ma se geheue vasgevang.

Lewis verduidelik dat Jackson die week voor die voorval veral stil en kalm was. Hy het nie die huis verlaat nie.

Daardie aand het sy van haar vriendin se huis af teruggekeer toe Jackson haar vra om sy kos warm te maak. Sy is daarna na haar slaapkamer. Dit was die laaste woorde tussen hulle.

Minute later het sy die woorde “Jy jou ma se…” gehoor en na buite gehardloop waar sy Jackson in die agterplaas gevind het.

Sy vermoed hy het toe reeds sy laaste asem uitgeblaas. “Daar was niks van ‘Mammie’ nie… ek het sy polsslag probeer voel, en daar was niks nie.”

Die liefdevolle, omgee-mens wat graag grappies gemaak het, was nie meer daar nie.

“‘n Mens kyk gewoonlik na die wêreld daar buite en sê: ‘Here, shame vir daardie aunty se kind’, maar ek het nooit ge-dink dit sal my tref nie.”

Die Strand-polisie het bevestig wat Lewis meen sy reeds geweet het: Jackson het geen bendeverbintenisse gehad nie, hoewel hy aan die polisie bekend was.

Sy erken haar seun was nie perfek nie. Hy was ‘n roker, en sy was nie altyd bewus van wat hy in die nagte gedoen het nie, maar hy het nie met vuurwapens rondgeloop nie.

Jenita Lewis van Casablanca, Strand
Die Strand-polisie het bevestig wat Lewis al die tyd geweet het: haar seun was nie in ‘n lid van ‘n bende nie.

Boodskappe wat sy sedert sy dood ontvang het, bevestig dit.

Jackson is Saterdag (11 Julie) ter ruste gelê.

Wat antwoorde betref oor wie haar seun se lewe geneem het, sê Lewis sy laat alles in God se hande. “Ek is moeg, en dit is nie ‘n lekker storie om ‘n kind te verloor nie,” sê sy.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article