Die dae van die perfekte Instagram-lewe, waar elke foto sorgvuldig beplan, geredigeer en gefiltreer word, begin sy glans verloor.
Vir ’n generasie wat met sosiale media grootgeword het, is dit al hoe makliker om raak te sien wanneer ’n plasing te gepoleer, geforseerd of bloot onrealisties voel. Gen Z wil steeds mooi inhoud sien – maar dit moet ook soos die werklike lewe voel.
Volgens Ipsos se wêreldwye navorsing sê 92% van Gen Z dit is uiters of baie belangrik om outentiek en getrou aan jouself te wees.
Die navorsing wys ook Gen Z bied toenemend weerstand teen onrealistiese skoonheidstandaarde en word meer realistiese voorstelling van mense verwag.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
