Vandag in die nuus

Andrew Mountbatten Windsor, 19 Februarie 2026. Foto: X
Andrew Mountbatten Windsor, 19 Februarie 2026. Foto: X

Hier is die hoofnuus wat vandag, 5 Oktober, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

Petrolskok! Vanaf 7 Oktober: Petrol 93 styg met R3,12/l, petrol 95 met R3,33/l en diesel tussen R2,84 tot R3,24 afhangend van die graad

Namibië se ergste bek-en-klouseerkrisis in ses dekades kan SA-beesboere raak indien handel in speenkalwers ontwrig word en meer Namibiese vleis op plaaslike mark beland

“Onderwys kweek selfvertroue. Selfvertroue kweek hoop. Hoop kweek vrede.” – Confusius . . . Dankie aan al ons onderwysers op UNESCO se Wêreldonderwysersdag

Malema het voormalige ANC-sekretaris in KZN, Bheki Mtolo, as ’n “klein seuntjie” beskryf en gesê sy beheer oor Groter Kokstad-munisipaliteit sal ná plaaslike regeringsverkiesing van 4 Nov. tot einde kom

SA-tennisspeler Lloyd Harris het die 2026 Jingshan Ope gewen ondanks twee kampioenskapspunte teen hom toe hy vir Mattia Bellucci in eindstryd geklop het

Ferrari van R9,5 miljoen kan binnekort opgeveil word nadat familietrust wat met Hangwani Maumela verbind word, nie daarin kon slaag om verkoop van motor te keer nie

Media verbied om getuies se getuienis uit te saai terwyl hulle getuig in die moordverhoor van vermoorde rymkletser Kiernan “AKA” Forbes en sjef Tebello “Tibz” Motsoane

Gaan hul voorvaders tot ANC se redding kom? Nomvula Mokonyane het voorvadergeeste van ANC gevra om party by te staan en sy lede te vergewe terwyl hulle hulle voorberei vir verkiesing van 4 Nov.

Nkosazana Dlamini-Zuma verwelkom JHB- hooggeregshof se beslissing dat mondelinge getuienis in lastersaak deur Fikile Mbalula teen haar aanhangig gemaak, aangehoor moet word

Lede van die Kutumela-familie verskyn Maandag in die hooggeregshof in Polokwane vir hul verhoor. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle familielede en kwesbare mense in hul gemeenskap se lewens verseker het, hulle daarna laat vermoor het en sowat R10 miljoen se versekeringuitbetalings geëis het

Bafana Bafana het Sondagaand hul wenreeks onder nuut aangestelde hoofafrigter, Pitso Mosimane, voortgesit met ’n taai 1-0-oorwinning oor Egipte in Cairo Internasionale Stadion

Geskorsde polisiekommissaris, lt.genl. Shadrack Sibiya, moet Maandag voor ’n dissiplinêre verhoor verskyn nadat verdere aanklagte teen hom ná sy inhegtenisneming bygevoeg is

Gert van Emmenis wat daarvan beskuldig word dat hy verantwoordelik is vir die dood van 11 leerders en hul leerlingvervoerbestuurder in Fochville (Julie 2024), sal na verwagting Maandag weer in hof verskyn

5 in hegtenis geneem ná 31-jarige man glo ná argument met groep vreemdelinge ontvoer en later met verskeie steekwonde in Bloemspruit (Vrystaat) dood gevind is

Moordverhoor van die rymkletser Kiernan “AKA” Forbes en die bekende sjef Tebello “Tibz” Motsoane begin Maandag in Durbanse hooggeregshof

Internasionaal

Trump se voormalige perssekretaris, Karoline ‘Machine Gun’ Leavitt, sluit by Fox News aan as politieke commentator

Europese Kommissie hou moontlike uitbreking van longpes (wat hoogs aansteeklik is) in Siberië, Rusland, ‘baie noulettend’ dop ná dood van laboratoriumwerker

Zelenski veroordeel ‘afgryslike’ Russiese hommeltuigaanval op skip wat mielies vervoer en in neutrale waters gevaar het, 2 bemanningslede het gesterf en 11 gered ná skip gesink het

Iran se regbank het gesê 2 mans is Maandag tereggestel vanweë hul betrokkenheid by dood van 4 polisiebeamptes tydens anti-regeringsbetogings wat in Januarie hoogtepunt bereik het

Betogings in Frankryk: 15-jarige student het sy hand toe verloor hy skokgranaat wat hy opgetel het om na die polisie terug te gooi, in sy hand ontplof het

Glastonbury: Algemene toegangskaartjies £408 (R8 965) elk plus besprekingsfooi van £5 (R110) – binne 42 minute uitverkoop!

Iran het Maandag bekend gemaak dat hulle glo in Januarie toerusting wat vir Elon Musk se Starlink-satellietinternetdiens gebruik word, tydens anti-regeringsbetogings in Januarie te deaktiveer

Turkye blokkeer Alex Crawford (Sky News) se X-rekening te midde van grootskaalse onderdrukking van LGBTQ-gemeenskap op grond van “obsene gedrag” en onder voorwendsel van beskerming van gesinswaardes

24 skole gebrand en vernietig en tot 500 skole in Frankryk sal Maandag gedeeltelik of heeltemal gesluit wees ná botsings tussen oproerpolisie en studentebetogers afgelope paar dae

2026-Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan 3 kenners op gebied van optogenetika, ’n tegniek wat help wys hoe senuweeselle herinneringe en gevoelens in die brein vorm

Valtteri Bottas is tans besig om 350 kilometer per fiets van Sepang na Singapoer af te lê ter voorbereiding van die volgende Grand Prix

Zimbabwiese sakeman Wicknell Chivayo en sy vrou, Lucy Muteke, wat op 30 Sept. in helikopterongeluk naby Marondera dood is, sal sonder hul koppe begrawe word nadat hul oorskot nie opgespoor kon word nie

Medevlieënier van flydubai wat sy kaptein gesteek het in beweerde poging om die vliegtuig te laat neerstort, het volgens 2 Israeliese amptenare gesê hy het aanval beplan nog voordat hy deur die lugredery aangestel is

Andrew Mountbatten-Windsor, voorheen bekend as prins Andrew, neem regstappe teen Thames Valley-polisie in Engeland oor sy inhegtenisneming in Februarie

Spaanse premier, Pedro Sánchez, het vervroegde verkiesing vir 29 November uitgeroep nadat parlement die regering se poging om land se behuisingskrisis aan te pak, verwerp het – volg ná betogings oor onbetaalbare huurgeld en uitsettings

6 nog steeds vermis ná GulfstroomG100 tydens vlug van Bermunda na Boston van rader verdwyn, kuswag het nou bevestig wrakstukke van vliegtuig in see gevind

Vroue in Teheran ontvang basiese vuurwapen- en militêre opleiding ter voorbereiding op verdediging van hul gesinne en gemeenskappe in geval van oorlog

Meisie (12) in parkeerwoedevoorval in Balitmore, VSA, doodgeskiet toe twee mans op mekaar losgetrek het oor parkeerruimte in park waar kinders Amerikaanse voetbal gespeel het

Groot terugslag vir All Blacks nadat Ruben Love vanweë enkel-ligamentbesering vir die res van die jaar buite aksie sal wees

Vrou (34) van Kalifornië deur FBI aangekeer omdat sy glo as ongeregistreerde agent vir China opgetree het deur Taiwanese president se seun en sy gesin dopgehou en inligting oor hulle versamel het


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos