Die naweek van 17 en 18 April was dit noord teen suid in Bloemfontein in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat oor die Vrystaat en Noord-Kaap beslis word.
Die Hoërskool Fichardtpark was dié naweek die gasheer vir die Hoërskool Sentraal. Sentraal het die meisiehokkie oorheers en ‘n eerstespan-oorwinning van 3 – 0 behaal.

In die ses seunshokkie-wedstryde wat plaasgevind het, het twee wedstryde gelykop geëindig, en elke skool het onderskeidelik twee wedstryde gewen.
Op die rugbyveld het Fichardtpark by die juniorspanne koning gekraai, terwyl Sentraal die botoon gevoer het in die eerstespanwedstryd met ‘n telling van 38 – 31.

Die netbaluitslae was ook tekenend van die dag. Fichardtpark het agt van die 14 wedstryde gewen. In 2025 kon Fichies slegs drie wedstryde wen. Karla Pretorius, direkteur van netbal by Fichardtpark, is baie opgewonde oor die opwaartse kurwe van dié skool se netbal.
Die volgende groot Wesgrow-inters vir Bloemfonteinse skole is op 9 Mei waarop die Hoërskool Diamantveld van Kimberley na Bloemfontein reis om teen Sentraal mee te ding. Op 16 Mei speel Sentraal teen die Hoërskool Jim Fouché, en Hoërskool Fichardtpark reis na Kimberley om mee te ding teen die spanne van Diamantveld.







You must be logged in to post a comment.