Janelle Botha van die Bloemfontein Sub Aqua-klub in aksie onder die water. FOTO: Verskaf

Klub se onderwaterhokkie toon diepte

,

Bloemfonteinse spelers het aan die junior nasionale onderwaterhokkie-toernooi in Somerset-Wes deelgeneem.

Lede van die Bloemfontein Sub Aqua-klub is ingesluit in spanne vir dié toernooi, wat van 26 tot 28 Maart gehou is.

Die o.13-spelers Juliet Kruger, Leah Odendaal en Zach Theron (almal van die Laerskool Willem Postma) was in die Gauteng-span, wat algeheel derde was.

Van links is Kaleb Ras, Taylor Coetzee, Xavier Branco, Janelle Botha en Franco van der Merwe (Vrystaat-afrigter). FOTO: Verskaf

Die o.16-meisies Morgen Odendaal (Willem Postma) en Liané Bisschoff (Hoërskool Sentraal) het ook vir Gauteng gespeel en was tweede.

Die o.19-seuns Xavier Branco (Grey-kollege), Kaleb Ras (tuisonderrig) en Liam Potgieter (Hoërskool Jim Fouché) was in die Noordwes-span, wat die wenner in sy afdeling was.

Janelle Botha (tuisonderrig), Taylor Coetzee (Eunice High School) en Kristi Lategan (tuisonderrig) is ingesluit in die o.19-meisiespan van Noordwes en was algeheel tweede.

Vier lede van die Bloemfontein Sub Aqua-klub is nou in Suid-Afrikaanse o.19-spanne ingesluit. Taylor en Janelle (onderkaptein) is in die meisiespan, en Kaleb en Xavier (kaptein) is in die seunspan.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article