Onderwaterhokkie
Onderwater-hokkiespelers oefen in swembad van die Hoërskool Sentraal. FOTO: verskaf

Langasems slaan hou onder water


Vier onderwaterhokkiespelers van die Vrystaat is ingesluit in die proewe waaruit die Suid-Afrikaanse spanne gekies gaan word wat aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem.

Xavier Branco (17) van Grey-kollege; Janelle Botha (17) en Kaleb Ras (16), wat albei tuisonderrig ontvang; en Taylor Coetzee (16) van die Eunice High School is deel van die oefengroep.

Spelers oefen onderwaterhokkie in die swembad van die Hoërskool Sentraal. FOTO: Verskaf

Vier spanne – o.19-seuns, o.19-meisies, o.24-mans en o.24-vroue – gaan uiteindelik saamgestel word om van 16 tot 25 Julie aan die sewende wêreldkampioenskapsbyeenkoms vir onderwaterhokkie in Turkye deel te neem.

Die vier spelers is van die Bloemfontein Sub Aqua-klub, wat deur Franco van der Merwe by die Hoërskool Sentraal afrigting ontvang.

Lede van die oefengroep is van links Taylor Coetzee (Eunice), Xavier Branco (Grey-kollege), Janelle Botha (tuisonderrig), Franco van der Merwe (Vrystaatse afrigter) en Kaleb Rad (tuisonderrig). FOTO: Lientjie Mentz

Bloemfonteinse spelers oefen hard vir die nasionale junior kampioenskapsbyeenkoms wat van 26 tot 28 Maart in Somerset-Wes plaasvind. Die lede van die span wat aan die internasionale toernooi sal deelneem, sal daar aangekondig word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article