BLOEMFONTEIN – Karla Pretorius, Protea-netbalspeler en netbalafrigter by die Hoërskool Fichardtpark, en netbalafrigters het die afgelope naweek van 28 Maart die skool se eerste B-spantoernooi aangebied.

Karla verduidelik die toernooi het ontstaan uit ‘n behoefte aan ‘n ontwikkelingsgeleentheid vir spelers van B-spanne wat nie die blootstelling kry wat eerste spanne kry nie.

Die meisies wat Fichardtpark se B-spantoernooi bygewoon het. FOTO: Dirkie Groenewald/Absolute Photo's
Die spelers en afrigters wat Fichardtpark se B-spantoernooi bygewoon het. FOTO: Dirkie Groenewald/Absolute Photo’s

“Gewoonlik is dit net die eerste spanne wat na toernooie toer.

“Ons wou vir ander spelers ook die geleentheid bied om meer te leer oor die sport en aan hulle ‘n geleentheid bied in die vorm van ‘n toergeleentheid buiten die gewone ligawedstryde waaraan hulle deelneem.”

Daar het 48 spanne van skole oor die Vrystaat, Noordwes, Oos-Kaap en Gauteng heen na Bloemfontein gekom vir die toer.

“Die terugvoer was positief en die meeste skole het gesê dat hulle volgende jaar gaan terugkom,” sê Karla na afloop van die toernooi.

Benewens die geleentheid om te reis, is daar by die toernooi ook ‘n spanbou-geleentheid deur Teambo aangebied.

“Elke netbalspeler verdien ‘n kans om te groei. Dit was ons hart tydens hierdie toernooi,” sê sy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article