Met 140,2km binne 21 uur was Jaco Ebertsohn die wenner van R5 000 in Aktief se Farmyard Ultra, wat van Vrydag 27 Maart tot Saterdag by Boomrits aangebied is.
Met dié uitdaging, waarin deelnemers elke uur, op die uur, vir ‘n roete oor 6,7km moes wegspring, is meegeding vir die prys deur die hardlopers wat die laaste was om uit te val – en kon uithou om nog ‘n allerlaaste ronde te pak.

Robert Hamilton was tweede en het 133km afgelê.
Die wedloop het Vrydag om 20:00 begin, en reën ten spyt was daar aanvanklik 38 dapperes wat elke uur weer ingeval het.
Corrie Breydenbach van Aktief sê hy wil graag nog soortgelyke geleenthede aanbied en beplan een vir iewers in die winter.







You must be logged in to post a comment.