Daar is groot opgewondendheid onder die stoeigemeenskap danksy die groot getal beginners wat op 7 Maart in Bloemfontein deelgeneem het aan die Vrystaatse Vrystyl-stoeikampioenskappe.
Die 48 beginners wat die eerste keer gestoei het, wys dat dié sport groei.
Klubs van oor die Vrystaat heen het 94 stoeiers gehad wat aan die kampioenskap deelgeneem het.
Goue medaljes in die eerste liga is deur die volgende kinders behaal.
Medaljes is behaal in die vrystyl tensy anders aangedui.

Uitblinkers by die Van Rooyen-stoeiklub wat goud gewen het, was:
- o.7 – Nathan De Villiers;
- o.7 – Paul van den Berg;
- o.7 – George Smith;
- o.8 – Percy-Leo Reynolds;
- o.10 – Francois Coetzee (Grieks-Romeinse styl);
- o.13 – Jandrich Kapp asook goud in GR;
- o.13 – Timo Nel asook goud in GR;
- o.15 – Jac-Hendri Engelbrecht;
- o.17 – Hendrikus Pienaar; en
- o.17 – WJ Etsebeth.
Silwer medaljes:
- o.7 – Sion Schoeman;
- o.7 – Ruan Fourie;
- o.8 – Lean Nel;
- o.9 – Adam Nel;
- o.9 – Louis Grove;
- o.10 – Francois Coetzee;
- o.11 GR – Koot Snyman en silwer in vrystyl; en
- o.17 – Etiaan Saaiman.
Brons medaljes:
- o.7 – Roux Germishuizen;
- o.9 – Cobus vd Berg;
- o.11 – Lian Saaiman; en
- o.15 – Johan Bam.







You must be logged in to post a comment.