Drie van die senior tweekamp-atlete wat medaljes verwerf het in die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskap is van links Francois Deacon, Lynette Fischer en Archie Markgraaff. FOTO: Lientjie Mentz

Bloemfonteinse tweekamp-atlete het uitgeblink op die 49ste Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskapsbyeenkoms wat in Maart in Oudtshoorn aangebied is.

Altesaam 890 atlete van oor die land heen het aan die byeenkoms op 20 en 21 Maart deelgeneem, met sowat 2 500 toeskouers wat hulle ondersteun het.

Adri Vermaas op die atletiekbaan
Adri Vermaas op die atletiekbaan. FOTO: Verskaf

Die Suid-Vrystaatse juniors was algeheel vyfde uit 14 streekspanne wat deelgeneem het, terwyl ‘n sterk Suid-Vrystaatse senior span algeheel vierde was.

Vyf Suid-Afrikaanse rekords is op die byeenkoms in die 25 groepe opgestel, met die Suid-Vrystaat wat met twee van dié rekords spog.

Jayme Sue Vermaas het goud gewen.
Jayme Sue Vermaas het goud gewen. FOTO: Verskaf

Jayme Sue Vermaas, wat in die senior vroue-afdeling meeding, het een van dié twee prestasies vermag en daarmee saam goud verwerf.

Die ander rekord is opgestel deur Archie Markgraaff, wat in die afdeling vir mans 80 jaar goud behaal het, met 2 055 punte.

Lynette Fischer, wat in die afdeling vir vroue 60 jaar meeding, het goud verwerf in haar afdeling, met 2 164 punte.

Adri Vermaas het ook goud verwerf, met 2 132 punte.

Francois Deacon het met 2 109 punte ‘n bronsmedalje in sy afdeling, mans 40, verwerf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article