Aidan Britz van Hoërskool Fichardtpark se hokkiespan in aksie met die bal. FOTO: Dirkie Groenewald

Wesgrow-skolesportreeks in pylvak

Aidan Britz van Hoërskool Fichardtpark se hokkiespan in aksie met die bal. FOTO: Dirkie Groenewald

In die voorlaaste naweek waarin spanne van oor die Vrystaat en Noord-Kaap heen teen mekaar in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks meegeding het, het die Bloemfonteinse skole oral goeie teenstand gebied.

Die Hoërskool Fichardtpark het die spanne van die Hoërskool Witteberg in Bloemfontein ontvang.

Dit was duidelik dat daar ‘n goeie toekoms vir Fichies se jong rugby- en netbalspanne wink. Fichies se o.14A-rugbyspan het met 50–0 koning gekraai, terwyl die o.14A-netbalspan ‘n oortuigende oorwinning van 30–9 behaal het.

Meruschke Mostert (senter) vang die bal in die wedstryd teen Witteberg.
Meruschke Mostert (senter) vang die bal in die wedstryd teen Witteberg op Saterdag 25 Julie. FOTO: Dirkie Groenewald

Witteberg het op hul beurt die botoon in die twee eerstespanwedstryde gevoer. Hul eerste netbalspan het met 48–28 geseëvier. In ‘n spannende eerstespan-rugbywedstryd het Witteberg uiteindelik met 34–31 gewen, nadat skeidsregter DJ Hefer ‘n strafdrie toegeken het.

Op die hokkieveld was daar groot opwinding met Witteberg wat al die meieishokkiewedstryde gewen het en Fichardtpark wat in die seunshokkie oorheers het.

Eerskomende Saterdag speel Witteberg gasheer vir Diamantveld van Kimberley, terwyl Fichardtpark na Welkom reis om Goudveld aan te vat in die laaste wedstryde van vanjaar se reeks.

In Bethlehem het die spanne van die Hoërskool Jim Fouché gaan meeding teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool. Dit was ‘n uitstekende dag vir Voortrekker, met puik vertonings oor verskeie sportsoorte heen.

Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks
Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks

Voortrekker se rugbyspanne het oor die algemeen ‘n besonder suksesvolle dag beleef, met indrukwekkende oorwinnings deur die o.19B-span (50–0), o.16A-span (68–7), o.14A-span (56–0), o.15B-span (57–7) en o.19C-span (57–12)

Voortrekker se eerste rugbyspan was rustyd met 26–5 agter. Drieë is deur Michiel Heyns, Unathi Mbambo, Sizwe Qwabe en Lungelwa Mabaso gedruk, terwyl JC Pretorius met die doelskoppe geslaag het. Geen strafskoppe is aangeteken nie. Ondanks ‘n dapper terugvegpoging het Jim Fouché die wedstryd met 31–22 gewen.

Voortrekker se eerste netbalspan het hul onoorwonne status behou met ‘n oorheersende 61–23 oorwinning. Voortrekker het van die eerste fluitjie af die pas aangegee en met uitstekende aanval- en verdedigingspel ‘n skitterende spanvertoning gelewer. Die meisieshokkie het ook uitgeblink deur ses van hul sewe wedstryde oortuigend te wen, waarvan die meeste met minstens drie doele. Die eerste span het Jim Fouché met 4–1 verslaan. Joma Viljoen het drie doele aangeteken, terwyl Jolene Stevens die vierde doel bygevoeg het.

Jim Fouché se eerste seunshokkiespan het ‘n oorwinning van 1–0 behaal.

In Kroonstad het die spanne van die Hoërskool Sentraal teen die van Hoërskool Trio deelgeneem. Op die netbalbaan het Sentraal die botoon gevoer en die dag met oorwinnings afgesluit het. Die hokkiewedstryde was ook vol aksie.

Die eerste seunspan het ‘n harde stryd gevoer en met ‘n 2–2 gelykopuitslag geëindig, terwyl Sentraal se eerste meisiespan 2–0 teen Trio gewen het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article