Die Vrystaat Kunstefees plaas vanjaar weer plaaslike talent in die kollig.
Dit is kunstenaars wat nie net skep nie, maar ook gemeenskappe bymekaarbring, gesprekke oopmaak en mense herinner aan die waarde van kreatiwiteit in die alledaagse lewe.
Twee kunstenaars wat vanjaar sterk op die feesprogram uitstaan, is Jacobus Silwer en Nelmari Oosthuysen, twee bekende name in Bloemfontein se kunskringe wat elk op hul eie manier kuns toeganklik, speels en betekenisvol maak.

Jacobus Silwer is bekend as sanger, liedjieskrywer en kunstenaar. Feesgangers gaan hom vanjaar ook op ‘n nuwe manier leer ken. Vir die eerste keer bied hy sy eie solo-kunsuitstalling aan, getiteld Left.
Die uitstalling het ontstaan nadat Jacobus verlede jaar sy elmboog beseer het en gedwing was om met sy linkerhand te teken en skets.
Hy sê die proses het uiteindelik ‘n veel dieper betekenis begin aanneem. Left verwys nie net na links nie, maar ook na alles wat mense soms agterlaat of verloor: mense wat weggaan, kinders wat die huis verlaat of seisoene wat verander.
In sy ateljee, Rooted, met sy kenmerkende balpuntpen-sketswerk bring Jacobus die geleentheid vir mense om met nuwe oë na ‘n gewone pen te kyk.
Hy gaan ook agtergrondmusiek maak.
Op die verhoog is Jacobus baie opgewonde om vanjaar ook sy eerste solo-musiekvertoning, Kombuisliedjies, na die fees te bring.
Saam met kunstenaar Nelmari Oosthuysen bied Jacobus ook die unieke werksessie Pen, Passie en Proe aan. Hierdie is ‘n kreatiewe ervaring waar deelnemers met verskillende skakerings koffie en pen gaan verf.
Daar gaan ook fynproe-ervarings, gesprekke, musiek en kuns saamvloei.
Helet Marais is nog ‘n mede-aanbieder.
Nelmari is bekend vir haar energieke en toeganklike benadering tot kuns. Sy bied werksessies aan in harpuis, Griekse mosaïek, metaal- emosseleerwerk en harpuisgiet. Sy bring kuns na mense op ‘n manier wat speels, prakties en inklusief voel.
“Om te skep is ‘n basiese behoefte, en word deesdae van mense ontneem. Alles het ‘n kitsoplossing. krisisse. Dit is so belangrik.”
Kaartjies en meer inligting is op die webblad vrystaatkunstefees.co.za beskikbaar.







You must be logged in to post a comment.