Die jaarlikse kunskompetisie van die Pasteur-ooghospitaal, wat met die samewerking van die ATKV-tak Gemeenskapsteater aangebied word, het vanjaar die tema “Waar visie en drome ontmoet”.
Die wenner in die afdeling vir volwassenes ontvang ‘n kontantprys van R5 000; die wenner in die hoërskool-afdeling ontvang R2 500; en die wenner in die laerskool-afdeling wen R1 250. Deelnemers wat tweede en derde plekke verwerf, kan uitsien na geskenkpakke en -bewyse van Signo en PNA Northridge Mall.

Al die kunswerke in die eerste, tweede en derde plek in elke afdeling word ‘n jaar lank in die Pasteur-ooghospitaal uitgestal.
Ebeth Wilson van die ATKV sê drie afdeling-wenners van 2025 se kunswerke het boonop
verdere blootstelling gekry: dit is in die Ophthalmological Society of South Africa (Ossa) se programboek vir die April-kongres gedruk.
Inskryfvorms is tot 31 Julie beskikbaar deur e-pos na bloemfonteingemeenskapsteater@gmail.com te stuur.
Alle kunswerke moet teen 31 Augustus ingehandig word.





You must be logged in to post a comment.