Met die aanbied van die ATKV-tak Gemeenskapsteater en die Pasteur-ooghospitaal se vierde Oogkunskompetisie was daar vanjaar 40 inskrywings.
Ebeth Wilson, wat die kompetisie in 2022 begin het, sê die aantal en gehalte van die kunswerke neem elke jaar toe.Met die eerste kompetisie was daar 28 inskrywings.

“Selfs die peil van die laerskoolleerders se kuns slaan ‘n mens stom.”
Sy sê die waarde van die kompetisie strek wyer as dat ‘n uitstalling van wenners se werk elke jaar in die ooghospitaal gedoen word.

” ‘n Mens weet nooit wie jou kunswerk sien nie.”
Die kunswerke van die wenners sal ingesluit word in die program van die Oftalmologiese Vereniging van Suid-Afrika se nasionale kongres wat later vanjaar aangebied word.
Dr. Kobus du Plessis van Pasteur sê dit is lekker om te hoor dat die kompetisie elke jaar groei.
“Vanjaar se tema, ‘Waar visie en drome ontmoet’, is ook heel gepas. Ons wil hê mense moet helder sien, en kunstenaars het die visie om met ‘n verfkwas dit wat hulle sien en ervaar op doek vas te vang.”
Die wenners is:
- leerders 9 tot 13 jaar – Miya Maartens (wenner), Lonwabo Jangjies (tweede) en Milané Boshoff (derde);
- leerders 14 tot 18 jaar – Anabelle Laubscher (wenner), Maya Meyer (tweede) en Nina van Zyl (derde); en
- volwassenes – Nicoleen Smit (wenner en derde plek) en Divan Schutte (tweede).
A Peace of Art het geskenke vir deelnemers in ander plekke geborg.







You must be logged in to post a comment.