Die gewilde De Oude Kraal WildsKOSfees vind weer vanjaar op 6 Junie plaas. Kaartjies is nou beskikbaar. FOTO: Meyer en Rene Photography

Elkeen word ‘n fynproewer by gewilde Oude Kraal WildsKOSfees

,
Die gewilde De Oude Kraal WildsKOSfees vind weer vanjaar op 6 Junie plaas. Kaartjies is nou beskikbaar. FOTO: Meyer en Rene Photography

Oor drie Saterdae op 6 Junie is dit tyd vir een van die gewildste feeste in die Vrystaat – De Oude Kraal se WildsKOSfees.

Vanjaar gaan daar vir die eerste keer ‘n buffel op die spit gebraai word – verwag dus die onverwagse op vanjaar se WildsKOSfees met 20 verskillende kosstalletjies wat altesaam 120 unieke disse gaan aanbied.

Gaste op verlede jaar se De Oude Kraal WildsKOSfees.
Gaste op verlede jaar se De Oude Kraal WildsKOSfees. FOTO: Meyer en Rene Photography

Benewens die buffel-spit, gaan 12 verskillende wildsvleis-stalletjies aan feesgangers laat proe hoe lekker Marie Lombard van De Oude Kraal wild kán voorberei.

By elke stalletjie is daar ses verskillende disse wat geproe kan word.

Die stalletjies sluit agt spesialiteits-stalletjies in met varkvleis, bees-, lamsvleis, hoender, vis, skaapkoppe en ‘n wye verskeidenheid groente, brode en slaaie.

Feesgangers sal kan proe aan 120 verskillende wyne van 20 bekende en gewild wynlandgoedere – elke kelder bring ses wynvariëte saam en by die wynmakers kom self saam kuier. Wyn is ook op die fees te koop.

Gerhard Lombard berei van die vleis voor wat op vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees voorgesit gaan word.  FOTO: Verskaf
Gerhard Lombard berei van die vleis voor wat op vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees voorgesit gaan word. FOTO: Verskaf

Onthou ook die nageregstalletjie waar ‘n fees van soet verleiding op feesgangers wag.

Benewens eet en drink, kan gaste aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deelneem. Dit sluit in gholf en skiet, bokdrol-spoeg, wildsritte en pret vir die kinders.

Die gaskunstenaar op vanjaar se fees, is die gewilde Afrikaanse sanger Jay. Plaaslike kunstenaars sal bydra tot die heerlike kuier-atmosfeer op vanjaar se WildsKOSfees.

Kaartjies vir die fees kos R695 en is beskikbaar op die webwerf deoudekraal.com of skakel 071 679 6596. Daar is ook kaartjies beskikbaar by Crazy Daisy in Fleurdal Mall, Daisy & Co in Prellerplein en by Delta Express in Westdene.

Gaste kan die oggend van 11:00 af aan die feesmaal begin deelneem.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 4 June 2026
    BloemNewExpress

Gift this article