De Oude Kraal buite Bloemfontein se jaarlikse WildsKOSfees het duisende gaste die geleentheid gegee om te proe hoe heerlik wildsvleis kán proe.
Oudergewoonte het Gerhard en Marie Lombaard en hul span van De Oude Kraal die afgelope maande hul navorsing gedoen met kombinasies en smake om honderde onvergeetlike happies voor te sit.
Kaartjies vir De Oude Kraal se WildsKOSfees op Saterdag 6 Junie is hier aanlyn beskikbaar.