Buffel op spit 'n eerste op WildsKOSfees.
Buffel op spit ‘n eerste op WildsKOSfees. FOTO: Unsplash

Buffel op die spit ‘n eerste by De Oude Kraal se WildsKOSfees


BLOEMFONTEIN – Die vure gaan brand. Die rook gaan oor die vlaktes trek en vanjaar maak De Oude Kraal geskiedenis met ‘n buffel op die spit.

Vir die eerste keer nóg gaan ’n hele buffel op die spit voorberei word – ’n ware Suid-Afrikaanse veldkosbelewenis wat beloof om een van die grootste hoogtepunte van die fees te wees.

“Ons weet dis ’n groot uitdaging,” sê Marie en Gerhard Lombard van De Oude Kraal. “ ’n Buffel is nie sommer net nog ’n spitbraai nie. Hierdie is ’n projek wat dae gaan neem – ’n kombinasie van vuur, geduld, ervaring en passie vir egte plaasgasvryheid.”

Kom geniet die heerlikte disse soos hierdie koedoe-sosaties in spek en koedoewors wat feesgangers sal kan proe.
Kom geniet die heerlikte disse soos hierdie koedoe-sosaties in spek en koedoewors wat feesgangers sal kan proe. FOTO: Lientjie Mentz


Spitbraai-spesialiste verduidelik dat groot stukke vleis moet lank en stadig gaar gemaak word om die perfekte geur en sagtheid te verkry.

Die buffel gaan reeds dae voor die WildsKOSfees voorberei word met spesiale marinades, stadige rookvure en voortdurende bedruiping om die vleis sappig en vol geur te hou. Die proses alleen is reeds ’n skouspel wat feesgangers sal laat stop en kyk.

By De Oude Kraal gaan dit egter oor meer as net kos. Dit gaan oor die ervaring van die plaaslewe, die reuk van houtvure, mense wat saamkuier onder die Vrystaatse lug en die trots van Suid-Afrikaanse tradisie.

Die WildsKOSfees het oor die jare bekend geword vir unieke disse, wyn, jagstories, musiek en onvergeetlike plaasatmosfeer – maar vanjaar se buffel op die spit vat die fees na ’n nuwe vlak.
“ ‘n Mens kry nie elke dag die geleentheid om iets só groot aan te pak nie,” sê Gerhard. “Dis wild, dis avontuurlik en dis presies waarvoor WildsKOSfees staan.”

Feesgangers kan uitsien na ’n dag vol wildsgeure, braaivure, goeie wyn, vermaak en ’n indrukwekkende buffelspit wat stadig deur die dag gaan draai terwyl die aroma oor die plaas versprei.
Feesgangers sal kan proe aan 120 verskillende wyne van 20 bekende en gewild wynlandgoedere – elke kelder bring ses wynvariëte saam en by die wynmakers kom self saam kuier. Wyn is ook op die fees te koop.

Die WildsKOSfees by De Oude Kraal Country Estate & Spa beloof weer om ’n egte Vrystaatse ervaring te wees – maar hierdie jaar met ’n buffel wat die hele fees aan die praat gaan hê.
Kaartjies is beskikbaar op die webwerf deoudekraal.com of skakel 071 679 6596.

Daar is ook kaartjies beskikbaar by Crazy Daisy in Fleurdal Mall, Daisy & Co in Prellerplein en by Delta Express in Westdene.

Gaste kan die Saterdag van 11:00 af aan die feesmaal begin deelneem.

Staan die kans om twee kaartjies ter waarde van R695 elk vir vanjaar se WildsKOSfees op 6 Junie te wen. Besoek BloemNuusExpress se Facebookblad en skryf in waar daar staan: Wen kaartjies vir 6 Junie se WildsKOSfees.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article