Amira Willighagen tree op met die Bloemfonteinse Mannekoor op 30 Mei. FOTO: Verskaf

Amira deel kollig met Bloemfonteinse Mannekoor

,

Die sanger Amira Willighagen en Bloemfonteiner Corneil Müller is die gaste op die Bloemfonteinse Mannekoor se jaarkonsert Voices without Borders op 30 Mei.

Die jong Nederlands-Suid-Afrikaanse Amira het in 2013 as negejarige Holland’s Got Talent gewen en ‘n gewilde sanger veral in Suid-Afrika geword. Sedert 2018 woon sy in Suid-Afrika en het talle albums opgeneem.

Sy sal saam met die mannekoor die gewilde “Gabriella’s Song” van die rolprent As it is in Heaven sing. Sy het ook ‘n solo-program en sing saam met Corneil twee duette.

‘n Koor wat gaan optree is Eunice Vitae Cantamus onder leiding van Retha Visser. Die gekombineerde marimba-orkes van Eunice High School en Grey Knights Marimba onder leiding van Margie Anderson tree ook op. Begeleiding vir die program word gedoen deur Anton Esterhuyse, ‘n strykkwartet, fluit, saksefoon en perkussie.

Kaartjies vir die uitvoering in die Sand du Plessis-teater kos R240, en studente betaal R190.

Koop op webtickets.co.za.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 4 June 2026
    BloemNewExpress

Gift this article