Verskeie merkwaardige vroue van oor die Kaapse Wynland heen is Dinsdag vereer vir die werk wat hulle in en om die gemeenskap doen. Foto: Megan Adendorff

Vroue van die Kaapse Wynlande wat voor vat vereer

Verskeie merkwaardige vroue van oor die Kaapse Wynland heen is Dinsdag vereer vir die werk wat hulle in en om die gemeenskap doen. Foto: Megan Adendorff

Vroue van oor die Kaapse Wynlande heen wat ‘n verskil in hul gemeenskap en die lewe van ander maak, is Dinsdag (25 Augustus) by ‘n spesiale toekenningsgeleentheid deur die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Paarl vereer.

In die kategorie vir basiese onderwys is Lorraine du Toit as wenner aangewys. Du Toit is vereer vir haar toewyding aan leerders met spesiale onderwysbehoeftes en haar werk om veilige en inklusiewe leeromgewings te skep.

Leticia Pietersen is as wenner in die kategeorie vir vroeë kinderontwikkeling aangewys. Pietersen het erkenning ontvang vir haar werk met kinders en jongmense deur opvoedkundige ondersteuning, huishulpwerk, voedsame maaltye en lewensvaardige ontwikkeling te bied.

In die bestuurskategorie is Samantha Kulsen as wenner aangewys. Kulsen is vereer vir haar werk in talentontwikkelling en die nie-winsgewende sektor, asook haar rol in die herbekendstelling van die Global Spotlight Talent-kompetisie ná die covid-19 pandemie.

Daleen Labuschagne is as wenner in die nie-regeringsorganisie-kategorie aangewys. Sy lei die Khula Development Group en werk om agtergeblewe leerders te ondersteun en voortydige skoolverlating te help voorkom. Die entrepreneurstoekenning is aan Anetta Barnes-Mangxaba oorhandig.

Sy is die stigter en uitvoerende hoof van Drinbaba Media, uitgewer van Dizindaba I Phephandaba, ‘n onafhanklike gemeenskapskoerant wat Xhosa, kultuur en gemeenskapsgerigte joernalistiek bevorder.

Sanna Witbooi is as wenner in die ondersteuningskategeorie aangewys. Witbooi dien haar gemeenskap onselsfsugtig sedert 2017 met ‘n sopkombuis wat sy self befonds. In die kategeorie vir passie is Jaqueline Abrahams as die wenner aangewys. As die stigter en voorsitter van die niewinsgewende organisasie Young Stars (gestig in 2018), ondersteun Abrahams slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en staan sy kwesbare gesinne, tiener-moeders, bejaardes, werkloses en mense wat met middelmisbruik worstel, by.

Garcia Louw het die toekenning ontvang vir die bevordering van Afrikaans.

As uitvoerende kunstenaar en digter gebruik sy Afrikaans as kragtige medium om mense te inspireer, verhoudings te koester en positiewe verandering mee te bring.

Margaretha Andreas het die toekenning in die landboukategorie ontvang vir haar werk om plaaswerkers, hul gesinne en landelike gemeenskappe te bemagtig.

Shani Little is as wenner in die kate-gorie vir gestremdhede aangewys.

Sy is vereer vir haar deursettingsvermoë en die werk wat sy doen om ander deur onder- steuningsgroepe en motiveringspraatjies te ondersteun.

Die geleentheid het vroue uit verskillende gemeenskappe en sektore bymekaar gebring en hul bydraes tot onderwys, gemeenskapsontwikkeling, entrepreneurskap, landbou, taal en die bemagtiging van ander erken.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article