Die ondersteuningsgroep Women in Progress in Worcester het die afgelope Vrydag ‘n spesiale funk­sie geniet.

Die ondersteuningsgroep Women in Progress in Worcester het hul jaar­eindfunksie op Vrydag 21 November by Nicky’s Lapa gehou om hul waardering aan hul komitees te wys.

Dié organisasie sonder winsoogmerk en sy groep vrywilligers bied al twee jaar lank ondersteuning aan vroue en jong meisies wat mishandel of getraumatiseer is, of deur andersins moeilike tye gaan. Gerita Sass, die voorsitter en stigter, sê hulle doen ook gesondheidsbewusmaking in omliggende dorpe.

Lea Snyders was een van Women in Progress se lede wat ‘n sertifikaat van waardering ontvang het. Foto: verskaf

By hierdie geleentheid is sertifikate van waar­dering aan die vrywilligers oorhandig en gassprekers het inligting met die sowat 50 gaste gedeel. ‘n Polisiebeampte het verduidelik watter prosedures vroue moet volg wanneer hulle slagoffers van geweld is. Die plaaslike skoonheid Joslyn du Toit, wat vanjaar as Mrs Curve aangewys is, het haar getuienis met die vroue gedeel en van haar agtergrond met mishandeling vertel. Sy het hulle aangemoedig om uit ‘n verhouding te kom en hulp te kry wanneer hulle mishandel word.

“Dit was ‘n baie lekker en jolige byeenkoms waar ons al ons lede kon bedank vir hul harde werk jaar.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article