Swellendam aanval
‘n Bejaarde Hollandse egpaar is Vrydagaand op ‘n gasteplaas naby Swellendam aangeval. Foto: ter illustrasie

Twee winkeliers is dood nadat ‘n rower tydens ‘n rooftog by die Smiley’s-winkel in De Doorns op hulle losgebrand het.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, ‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het drie gewapende mans verlede Donderdag (19 Junie) net ná 16:40 op die supermark toegeslaan. Die rowers het die winkeliers en hul klante gedreig, waarna een van die mans oor die toonbank gespring en na geld gesoek het. Hy het daarna die twee winkeliers, wat op die grond gelê het, deurgesoek.

Die ander twee rowers is tussen die winkelrakke in en het die klante vir waardevolle items en geld deursoek.

Die drie rowers het glo uit die winkel beweeg met hul buit van selfone en geld toe een van hulle omgedraai en die twee winkeliers in die rug geskiet het.

Beide die mans (albei 37) is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie vra enigeen met inligting om die naaste polisiekantoor te nader, die Stop Misdaadnommer 08600 10111 te skakel, of dit anoniem op die polisie se selfoontoeppassing MySAPS aan te meld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article