Toutrekkers staan hul man teen wêreld se bestes in sport

Altesaam nege HTS Drostdy-leerders is vir die o.19-Junior Protea-toutrekspan (560 kg) gekies . Agter (van links) is Jaco Visser, Janco Van Zyl, Francois Keyser, Wihan van Zyl, Gilliam Swiegers, Brendon de Beer. Voor is Kobus de Wet, Wickus Le Roux, Morné Visser (afrigter) en Thomas Gaugler.

Toutrekkers staan hul man teen wêreld se bestes in sport

Altesaam nege HTS Drostdy-leerders is vir die o.19-Junior Protea-toutrekspan (560 kg) gekies . Agter (van links) is Jaco Visser, Janco Van Zyl, Francois Keyser, Wihan van Zyl, Gilliam Swiegers, Brendon de Beer. Voor is Kobus de Wet, Wickus Le Roux, Morné Visser (afrigter) en Thomas Gaugler.

Mosselbaai is vandeesweek ‘n miernes van bedrywighede met toutrekspanne van reg oor die wêreld wat aanmeld vir die 30ste buitelug-toutrek-wêreldkampioenskap.

Dié kragmetings vind van Maandag tot Saterdag (14 tot 19 September) plaas, met 16 spanne van sover as Engeland, België, Duitsland, China en Switzerland wat deelneem. Dié spanne verteenwoordig die wêreld se bestes in troutrek.

Die Tuinroete bied ‘n unieke ervaring vir spanne wat dikwels binnenshuis meeding. Die byeenkoms is verlede jaar in Nottingham, Engeland aangebied.

Toutrek is plaaslik ‘n gewilde sportsoort en jonges in die Breedevallei het hul merk gemaak. Altesaam nege seuns van die Hoër Tegniese Skool Drostdy is vir die o.19-Junior Protea-toutrekspan (560 kg) gekies. Hul Protea-baadjies is onlangs deur die skoolhoof, Louis Steijn, aan hulle oorhandig. Wilco Louw, die Springbokstut en ‘n oud-leerder van Drostdy, het hulle in ‘n video-boodskap sterkte toegewens.

Steffie Visser, die afrigter van Worcester Gimnasium se toutrekspan, is gekies as afrigter van die 500kg nasionale o.23-vrouespan. Een van die skool se leerders, Zenobia Bezuidenhout, is gekies om in die span deel te neem.

‘n Matriekleerder van Worcester Gimnasium, Zenobia Bezuidenhout, is in die nasionale o.23-vrouespan (500 kg) opgeneem. Worcester Gim se afrigter, Steffie Visser, is as dié span se afrigter aangewys.

Loné van Tonder van die Hoërskool Montana is deur die Swellendam-toutrekklub genooi om aan die kampioenskap deel te neem. Twee nasionale spanne en vier opespanne van die Goudini-klub neem ook aan die kampioenskap deel.

• Die span van Drostdy het sommer met die intrapslag hul stemme dik gemaak. Op Woensdag, 16 September het hulle goud ingekatrol in die opeklubkampioenskappe. Hier het hulle as HTS Drostdy deelgeneem. Op Vrydag 18 September neem hulle in die geslote-afdeling deel in die nasionale span (Proteas).

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article