Eers was dit Nuweland en nou bly die Westelike Provinsie-rugbyspan se naam ook in die slag, tot ontsteltenis van rugbyliefhebbers.
Klubrugby-entoesiaste kan hulself regmaak vir ‘n opwindende seiseoen wat voorlê in die Grootuitdaagbeker, Streekuitdaagbeker en Gemeenskapskild.
Gelsquad het eerste in sy groep eindig en met selfvertroue na die kwarteindstryd deurgedring, ná drie wen-wedstryde in die toernooi.
Die afrigter Lance Sendin se praktiese en insiggewende aanbiedings het kennis oorgedra wat vir klub- en gemeenskapsvlak toepaslik is.
Die Global Schools Challenge, wat by die Mediteranean Sports Village in Spanje, plaasvind, is ‘n elite-platform wat die beste talent in jeugsport ten toon stel.
Dihan van der Walt, bekend as “Buffel”, het sy seisoen by Robertson Town afgesluit en sluit in Januarie by die Northam Rhinos-rugbyklub aan.
Roses United van Wellington het die druk wat Town op hul geplaas het baie goed verwerk en uiteindelik die oorhand gekry met ‘n eindtelling van 30-25.
Worcester Villagers het hul plek in Boland se Top-12-halfeindronde ná hul oorwinning oor die besoekende Van Rhynsdorp Eagles.
Ná ‘n stadige begin het Town behoorlik vlam gevat en die punte hoog begin opstapel in hierdie Sanlam-Boland-Top-12-wedstryd.
Villagers Worcester kom Saterdag teen die Van Rhynsdorp Eagles te staan, terwyl Robertson Town op die Van Zylstadion kragte meet met Saldanha.