Primrose RVK het Saterdag (11 Julie) sy rieme styfgeloop teen Progress, toe Progress hulle met 36-0 op sy (Primrose se) eie tuiste verneder het.

Progress het van die begin van die wedstryd die botoon gevoer, waarvoor Primrose geen antwoord gehad het nie. Alhoewel Primrose se voorspelers uitstekend in die skrums vertoon het, was dit nie genoeg om Progress te stuit nie.

Progress se aanvalstaktiek was hardloop-rugby, wat hy uitstekend gedoen het. Sy jong en talentvolle agterlyn was uitstekend en het die telbord gereeld aan die rol gehou. Met rustyd was hulle reeds met 22 punte voor.

Ná die rustyd het Progress voortgebou op die eerste helfte se vertoning en die een drie ná die ander ingeryg. Primrose daarenteen het alles probeer, maar niks wou in die plek val nie. Progress was net een te veel. Hy het uiteindelike 5 drieë gedruk en die eindtelling op 36 punte teenoor 0 vir Primrose te staan gebring. – Boetie Hattingh

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article