Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?
News
-
Ons almal het ‘n bietjie ‘heavy metal’ in ons
Valiant Swart en Koos Kombuis het in daardie jare ook, saam met Die Kommissie van Ondersoek, onder die liedjieboer Anton Goosen se leiding, die politieke weerstand teen die establishment onder jong Afrikaanse mense van konsertverhoë af laat posvat, skryf Marlene…
-
Voorsorg se wingerdblok bobaas ADVERTENSIE-ARTIKEL
’n Blok shiraz van die plaas Voorsorg het met die louere in VinPro en Winetech se jaarlikse wingerdblokkompetisie in die Worcester- en Breedekloofstreke weggestap.
-
Rugbyspeler vermoor oor USB-stokkie
’n Jong, belowende rugbyspeler van die Perseverance-rugbyklub in Worcester is Dinsdagaand doodgesteek na ‘n beweerde onderonsie met ‘n vriend oor ‘n USB-stokkie. Devanito “Worsie” Paulse (20) se familie is geskok oor sy skielike dood.
-
Tulbagh-boer in huis vermoor
Twee jong mans wat in Amerika boer, moes die skokkende nuus verneem dat hul pa gisteraand in Suid-Afrika in ‘n plaasaanval vermoor is. Die 59-jarige boer Martin Louw is gisteraand (Woensdag) 21:00 vermoor op die plaas Wolwefontein by Tulbagh.
-
Droogte: Laingsburg se boere is op hul knieë
Die boere in die Koup-distrik trek swaar. “Die droogte is besig om te wen, die ergste een nóg,” sê hulle.
-
Matrieks, hier is die geheim
Afhangende of jy op die N1 links of regs draai wanneer jy Worcester verlaat, gaan jy agterkom dat die wêreld nie by Du Toitskloofpas of Touwsrivier eindig nie, is Ken McIntyre se boodskap aan matrieks.
-
Luister – Oompie staan bont om vrae te beantwoord
Nou gaan 4th Powerbeleggers glo moet wag tot eerskomende Dinsdag, wanneer ‘n ‘’ander kanaal’’ wat gevolg is, dalk gaan realiseer vir hul geld om uit te betaal. Luister ook hoe Oompie bontstaan om beleggers se vrae te beantwoord.
-
Tot siens sê is die prys van ‘n nuwe uitdaging
Om ‘n uitdaging op ‘n nuwe dorp te aanvaar en daarheen te trek, laat ‘n mens met nuwe uitdagings. Een daarvan is om tot siens te sê aan die bekende, skryf Angelo Julies
-
Man skiet glo vrou in dorp, toe homself by kerk
‘n Man van Worcester het Maandag eers glo sy vrou in Stockenstromstraat in die sentrale sakegebied geskiet, waarna hy na die NG Kerk Worcester-Noord gery en hom langs die kerk se sydeur om die lewe gebring het.
-
Boer buite Villiersdorp aangeval
In nog ‘n aanval van vele die afgelope week is ‘n 53-jarige boer van Villiersdorp Saterdagaand ernstig beseer toe hy aangerand en oor die kop geslaan is in ‘n mislukte inbraak.








