Breedevalleiers wat lief is vir kooroptredes kan gerus nader staan wanneer een van die gebied se bekendste koorkompetisies eersdaags begin. Die jaarlikse kompetisie van die Kaapse Wynland Kersfeeskore-unie begin eerskomende Sondag.

Die kompetisie, ’n geskiedkundige een in Worcester, is vanjaar meer uitsonderlik omdat die gasheerkoor, The Fleet, sy 70ste bestaansjaar vier.

Kore wat van so ver as Robertson en Tulbagh kom om deel te neem, is The Fleet, Wolseley Kerfeeskoor, St. Blues, Royal Coronations, Cerecians en Tulbagh Crusaders.

Toegang beloop R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en R10 vir motoriste. Hekke open om 08:00 en die kompetisie sal stiptelik om 12:00 begin.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article