Liefhebbers en ondersteuners van Kersfeeskore in die Vallei kan gerus nader staan wanneer ’n groot kompetisie volgende naweek op Worcester gehou word.
Kwaliteit Kersfeeskoor-musiek gaan soos gewoonlik gehoor kan word wanneer die Bolandse Kersfeesorkeste-unie op 26 Februarie hul kompetisie op Esselenpark-stadion aanbied.
Vanjaar se kompetisie gaan hulde bring aan die groot musieklegende en leier van die Crusaders Kersfeeskoor, wyle Christian Amsterdam.
Die kore gaan meeding in verskillende afdelings, soos die voorgeskrewe lied, besgeklede span, beste drilafdeling, beste trommelmajoor, en die kompetisie beloof om straf te wees.
Almal in die gemeenskap word uitgenooi om die dag saam met die kore te kom geniet.
Die kore wat gaan deelneem is as volg:
- Aldachique Music Academy van Mosselbaai
- Star of Calvary van Ladismith
- Wiseman of the East van Elsiesrivier
- Crusaders van Worcester
- Loving Shepherds van Slangrivier
- Young Coronations van Suurbraak
- Progress van Swellendam
- Old St Blues van Robertson
- St Georges van Ceres
- Emmanuel Sacred Band van Kaapstad
Kaartjies is R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.
Die kompetisie begin om 10:00.

