Crusaders en The Fleet – twee Kersfeeskore van Worcester – sal eerskomende Sondag (17 Maart) moet uithaal en wys wanneer hulle teen van die Kaap se top-Kersfeeskore gaan meeding.
Die kore gaan sake uitspook tydens die A Board-kompetisie, wat in die Rosina Paarwater-stadion in Bellville-Suid gehou gaan word.
Die kompetisie word jaarliks deur die Raad van Verenigde Kersfeeskore aangebied.
Die voorgeskrewe lied vir vanjaar se kompetisie, “Groot Hallelujah”, word beskryf as “baie moeilik” en “uitdagend”.
Ander Kersfeeskore wat gaan deelneem, sluit in Wiseman of the East, St. Timothy’s, St. Josephs en Norwood Crusaders.
Danville Barry, The Fleet se direkteur van musiek, was die afgelope paar weke hard aan die werk om orkeslede te leer om die fynere kunsies van die voorgeskrewe lied te bemeester.
Diegene wat die kompetisie wil bywoon, word versoek om hul plek op die bus vroegtydig te bepreek om teleurstelling te voorkom.
Die buskaartjie en toegangsgeld beloop gesamentlik R170 vir volwassenes en R160 vir kinders.
Busse vertrek Sondagoggend tegelykertyd en stiptelik om 04:30 vanuit Greystraat voor Valley FM, Septemberstraat, en Albatross-straat, Avianpark.
Navrae kan gerig word aan Heinie Hyman by 068 483 3039.


