Alle paaie lei Sondag 4 Februarie na Bolandpark-stadion in Worcester wanneer altesame agt Kersfeeskore verbonde aan die Kaapse Wynland-Kersfeeskoor-unie sake in dié unie se kompetisie gaan uitspook.
Die Kersfeeskore wat gaan deelneem, is Old Saint Blues van Robertson, die Wellington-Kersfeeskoor, The Fleet-Kersfeeskoor van Worcester, Star of Hope van Worcester, die Cerecians-Kersfeeskoor van Ceres, Bella Vista-Kersfeeskoor van Ceres, die Ceres Crusaders, Star of Hope van Worcester en die Tulbagh Crusaders. Star of Hope is die gasheer vir die kompetisie.
Die afdelings waarin die kore gaan meeding, is die bes geklede koor, voorgeskrewe lied, en die verbymarsjeer.
Die kompetisie begin stiptelik om 10:00. Die hekke open reeds om 08:00.
Kaartjies kos R30 vir volwassenes, R20 vir kinders tussen die ouderdom van ses en 12 jaar en R20 vir motors. Kaartjies sal op die dag ook by die hek te koop wees.
. Kontak Wilfred September by 084 472 8300, Deserie Parker by 069 320 0364 of Heini Hyman by 068 483 3039 met navrae.

