KAAPSTAD – Die Weskus-stoeiklub was deel van die Cape Winelands-span wat aan die Nasionale Presidents- en Jeugstoeikampioenskap op Vrydag 2 en Saterdag 3 Oktober by die Universiteit van Kaapstad plaasgevind het.
Die kampioenskap het stoeiers van reg oor die land die geleentheid gebied om hul vaardighede te toets en waardevolle ervaring op nasionale vlak op te doen.
Cape Winelands was een van 12 stoeiverenigings wat aan die kompetisie deelgeneem het.
Zuhaida Williams het ‘n silwermedalje in die vroue o.11-afdeling verower, terwyl Micheal Brown ‘n bronsmedalje in die vryslag-presidentskole o.13-afdeling verower het.
Jandre Andries en Wessel Wessels het elkeen ‘n vierde plek behaal.
Elih Erasmus, Re-Kayle Smith en Lurik Wessels het die kampioenskap met vyfde plekke afgesluit.
Die klub het sy trots uitgespreek op al die stoeiers wat deelgeneem en hul harde werk, dissipline en deursettingsvermoë op die stoeimat ten toon gestel het.
Die klub het ook sy dank uitgespreek teenoor die afrigters, spanbeamptes, ouers, ondersteuners en borge wat die stoeiers se deelname moontlik gemaak het.
LEES OOK: Weskus-stoeiers presteer





