Die wenspan van Rumar Vleis in Vredenburg, met 'n tweede winkel in St. Helenabaai.
Die wenspan van Rumar Vleis in Vredenburg, met ‘n tweede winkel in St. Helenabaai. Foto: Noluvu Ludidi

Weskus-biltong ‘n wenner!

Die wenspan van Rumar Vleis in Vredenburg, met 'n tweede winkel in St. Helenabaai.
Die wenspan van Rumar Vleis in Vredenburg, met ‘n tweede winkel in St. Helenabaai. Foto: Noluvu Ludidi

VREDENBURG – Om as die Wes-Kaapse wenner aangewys te word en boonop ‘n derde plek nasionaal te behaal, is ‘n besondere prestasie vir die Rumar Vleis-slaghuis, wat vanjaar aan die 2026- Crown National Safari Biltong-kampioenskap deelgeneem het.

Dié plaaslike onderneming het met hierdie prestasie bewys sy biltong kan met die beste in die land meeding.

Volgens Ruan Roets Snr. is dit ‘n besonderse gevoel om te weet dat hul produk teen van die land se voorste slag- huise meegeding en só goed gevaar het. “Dit wys ons is op die regte pad met die gehalte van ons produkte.

Dit is altyd lekker om ‘n mens se produk teen die bestes te meet. Om nasionaal deel te neem, was ook ‘n groot eer. Ons het teen 600 slaghuise in die land meegeding en die derde plek behaal,” vertel Roets.

Beide pa en seun meen die proses wat hulle volg, vervul ‘n belangrike rol in die sukses van hul biltong.

Roets Jnr. het aan Weslander gesê alles begin by goeie gehalte vleis, die regte speserymengsels en die droogproses. “Ons het by die oorspronklike biltong- resep gehou, omdat dit ‘n wenresep is, en nie veel daarvan afgewyk nie. Ons het dit wel effens aangepas wanneer dit by die speserye kom. Ons het met verskillende produkte geëksperimenteer totdat ons bereik het waarna ons op soek was,” sê hy.

Volgens die Roetse lê een van die geheime van hul biltong se unieke smaak veral in die droogproses. Selfs met die beste speserye sal die eindproduk nie na wense wees indien die droogproses nie reg toegepas word nie.

“Dit help nie om biltong aan te jaag nie. Biltong is ‘n duur produk en ‘n mens kan dit nie afskeep nie,” sê hulle.

Die Roetse sê hulle hoop om steeds verder te groei en meer mense aan hul produkte bekend te stel.

“Ons het ook ‘n slaghuis in St. Helenabaai en ons hoop mense kom proe. Ons het nog baie wat ons wil bereik,” voeg hulle by.

LEES OOK: Marc’s Beach Bar, BP Marine seëvier

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 19 November 2026
    Weslander E-Edition – 19 November 2026

Gift this article