Mieke Koekemoer van Curro Langebaan.
Mieke Koekemoer van Curro Langebaan.

Mieke Koekemoer trap vir nasionale eer


LANGEBAAN – Mieke Koekemoer van Curro Langebaan het haar skool en die Wes-Kaap met trots verteenwoordig op die 2026 Skolefietsry SA MTB-nasionale kampioenskap wat onlangs in Stellenbosch plaasgevind het.

Koekemoer het ‘n indrukwekkende sewende plek in Suid-Afrika in die skolekompetisie behaal, terwyl sy in die provinsiale kompetisie ‘n negende plek nasionaal behaal het.

Haar prestasie is verder bekroon toe sy as lid van die Wes-Kaap se algehele wenspan aangewys is.

Koekemoer het veral op die tweede dag van die kampioenskap haar vasberadenheid gewys deur haar persoonlike beste tyd met 42 sekondes te verbeter.

Sy het die roete in ‘n indrukwekkende 28 minute en 43 sekondes voltooi.

Die prestasie is volgens Curro Langebaan ‘n bewys van die jong fietsryer se deursettingsvermoë, vasberadenheid en harde werk.

Die skool het Koekemoer met haar prestasies gelukgewens en sê hulle is “ongelooflik trots” op haar.

LEES OOK: Curro athletes shine

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 8 October 2026
    Weslander E-Edition – 8 October 2026

Gift this article