Die Internasionale Krieket Raad(IKR) Manskrieketwêreldbeker 2027 bekendstelling het op Donderdag 1 Oktober in Kaapstad plaasgevind.
Die Internasionale Krieket Raad(IKR) Manskrieketwêreldbeker 2027 bekendstelling het op Donderdag 1 Oktober in Kaapstad plaasgevind.

Krieket Wêreldbeker kom Afrika toe

Die Internasionale Krieket Raad(IKR) Manskrieketwêreldbeker 2027 bekendstelling het op Donderdag 1 Oktober in Kaapstad plaasgevind.
Die Internasionale Krieket Raad(IKR) Manskrieketwêreldbeker 2027 bekendstelling het op Donderdag 1 Oktober in Kaapstad plaasgevind.

Na 24 jaar word die Internasionale Krieketraad (IKR) se Manskrieketwêreldbeker van 2027 op Afrika-bodem beslis, met ‘n verandering hierdie keer: Namibië en Zimbabwe ingesluit as mede-gashere. Dit stel nie net ’n tema voor nie, maar dit gaan Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe in die buitewêreld uitbeeld.

Die Internasionale Krieket Raad(IKR) Manskrieketwêreldbeker 2027 bekendstelling het op Donderdag 1 Oktober in Kaapstad plaasgevind, van die -skedule wat die eenjarige aftelling na die toernooi aandui het.

Die legedariese krieketspeler Brian Lara van Wes-Indië het die trofee onder applous te voorskyn gebring en deur hooggeplaasde gaste en media verwelkom.

Shaun Pollock, voormalige Suid-Afrikaanse veelsydige speler en boullegende, Brian Lara, legendariese en voormalige Wes-Indiese kolf-ikoon, en Aaron Finch, voormalige kaptein van Australië se krieketspan, het as paneel opgetree en hul meninge en oorsigte van die toernooi gegee.

Tydens hul oorsig het hulle gefokus op ‘n paar spelers vir wie die 2027-toernooi waarskynlik hul laaste groot “swaansang” gaan wees.Volgens Pollock, Lara en Finch sal Rohit Sharma Indiese kolwer se styl perfek pas by die Suid-Afrikaanse toestande, terwyl dit Virat Kohli, Indiese superster-kolwer en Mitchell Starc, Australiese snelboul se laaste verskyning in die Manskrieketwêreldbeker gaan wees.

Volgens Lara het SA ‘n goeie kans om goed te presteer as hul huidige vorm in ag geneem en ook die die plaaslike toestande wat hulle pas en ken.

Die Minister van Sport Cayton Mckenzie het ook die gaste by die die geleentheid toegespreek en die al die krieket lande verwelkom in SA. Met ‘n Afrika agtergrond, het Mekenzie bygevoeg dat dit moontlik die beste krieket toernooi ooit gaan wees wat die wêreld sal sien, wat net deur Afrika aangebied kan word.

Kwalifikasie

Die afsnydatum vir kwalifikasie vir die IKR-manskrieketwêreldbeker 2027 (KWB27) was Donderdag 30 September 2026. Tien (10) spanne het teen 30 September direkte kwalifikasie verseker, insluitend die gasheerlande en volle lede, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die 10 spanne wat direk gekwalifiseer het, het ‘n plek direk in die tweede ronde (groepfase) van die toernooi verseker.

Die oorblywende vier kwalifikasieplekke sal bepaal word deur middel van die ICC-manskrieketwêreldbeker-kwalifiseringstoernooi 2027.Die wenner van die kwalifiseringstoernooi sal ‘n direkte plek in die tweede ronde (groepfase) van die toernooi verseker.

Die naaswenner, die span in die derde plek en die span in die vierde plek in die kwalifiseringstoernooi sal vir die Wêreldbeker kwalifiseer en in Ronde 1 (Superreeks) begin.

Formaat

Die ICC-manskrieketwêreldbeker 2027 bestaan ​​uit drie kompetisierondes voor die halfeindstryde en die eindstryd.

Ronde 1: Superreeks (drie wedstryde)

Die kompetisie sal begin met ‘n Superreeks waaraan die drie laagste geplaaste spanne van die 14 gekwalifiseerde spanne deelneem (die naaswenner, die span in die derde plek en die span in die vierde plek van die kwalifiseringstoernooi). Die spanne sal in ‘n rondomtalie-formaat meeding, waarna die span wat boaan die punteleer eindig, na die groepfase deurdring.

Ronde 2: Groepfase (30 wedstryde)

Twaalf spanne sal in die groepfase meeding (10 spanne wat direk gekwalifiseer het, die wenner van die kwalifiseringstoernooi en die span wat uit die Superreeks deurdring), verdeel in twee groepe van ses. Elke groep sal volgens ‘n rondomtalie-formaat speel, waar elke span een keer teen die ander spanne in sy groep te staan ​​kom. Die top-drie spanne van elke groep, tesame met die vierdegeplaaste span wat oor albei groepe heen die hoogste gerangskik is, sal na die Super 7 deurdring.

Rondte 3: Super 7 (21 wedstryde)

Die Super 7 word as ‘n volledige enkel-rondomtalie-reeks gespeel, waarin elk van die sewe kwalifiserende spanne een keer teen elke ander span te staan ​​kom, wat op ‘n totaal van 21 wedstryde neerkom.

Hier is die twee amptelike groepe vir die IKR Krieketwêreldbeker 2027 wat onlangs deur die IKR by die bekendstelling voorgestel is.:

Groep A

Indië,Australië, Pakistan, Afghanistan, Zimbabwe (medegashheer), Kwalifiseerder A

Groep B

Suid-Afrika (Mede-gasheer), Nieu-Seeland, Engeland, Sri Lanka, Bangladesh, Kwalifiseerder B

Belangrike datums in toernooi

Datums: 2 Oktober tot 21 November 2027

Mede-gashere: Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië

Spanne en wedstryde: 14 spanne wat oor 57 wedstryde en 12 lokale meeding

Openingswedstryd (Groepfase): Verdedigende kampioene Australië pak Indië in Kaapstad op 7 Oktober 2027 (Dit is ’n herhaling van die 2023-finaal)

Opening Superreeks 2 Okt – 6 Okt Windhoek, Namibië

Australië teen Indië 7 Okt Kaapstad

Suid-Afrika teen Nieu-Seeland 9 Okt Kaapstad

Indië teen Pakistan 10 Okt Johannesburg

Half-eindstryde 17 Nov – 18 Nov Kaapstad en Tshwane

Eindstryd 21 Nov Johannesburg

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 8 October 2026
    Weslander E-Edition – 8 October 2026

Gift this article