VREDENBURG – Vir Ruben Julies, atletiek- en landloopafrigter by Jurie Hayes Primêr, is die verwerwing van sy Boland-baadjie ‘n besondere mylpaal ná jare se harde werk en toewyding. Julies, wat in Green Village grootgeword het, het self ‘n indrukwekkende atletiekloopbaan gehad.

Hy is agt keer vir Boland en ses keer vir die Wes-Kaap gekies, het Suid-Afrika twee keer verteenwoordig en is twee keer in die Yellow Pages-atletiekspan opgeneem.”Ek het hard geveg. Al het ek geval, het ek weer opgestaan. Dit het uiteindelik tot my deurgedring dat ek iets aan my gemeenskap wil teruggee,” sê hy.

Dié besluit het in 2022 tot sy afrigtings- loopbaan gelei.

In 2023 het hy as assistent-afrigter by Jurie Hayes Primêr aangesluit, waar sy atlete sedertdien talle prestasies behaal het. In 2025 het Justin Andrews ‘n Bolandkampioen geword en as die tweede beste atleet in die Wes-Kaap en Suid-Afrika geëindig.

Vanjaar het hy sy 1200 m-Bolandtitel suksesvol verdedig, terwyl EJ Julies ‘n silwermedalje verower het.

Vir die 2026-landloopseisoen het Julies met 50 atlete begin, waarvan 42 vir Boland gekies is. “Wat jy inset, sal jy uitkry met harde werk,” sê hy.

Vir Julies gaan afrigting egter oor meer as medaljes. “Ek het elke kind gesien. Ek het elke tree saam met hulle gehardloop.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 August 2026
    Weslander E-Edition – 13 August 2026

Gift this article