Sprekers by die ledevergadering van die Velddrif Sakekamer op 30 September.
Van links is Elvis Stimela, Mario Wessels (onderburgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit), John Lawson, Melvi Todd, Lester Daniels, SP Tredoux en Johnny da Silva.

Velddrif se sakekrag groei

Sprekers by die ledevergadering van die Velddrif Sakekamer op 30 September.
Van links is Elvis Stimela, Mario Wessels (onderburgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit), John Lawson, Melvi Todd, Lester Daniels, SP Tredoux en Johnny da Silva.

VELDDRIF – Beter samewerking tussen die Velddrif-sakekamer en die Kaapse Sakekamer, asook waardevolle insigte oor plaaslike regering, landbou, dranklisensies en veiligheid was van die hoogtepunte van die Sakekamer se lede- vergadering verlede Woensdag (30 September) in die Riviera Hotel.

LEES OOK: https://novanews.co.za/weslander/velddrif-moet-nou-reg-dink/

John Lawson van die Kaapse Sakekamer het die Velddrif-sakekamer se benadering tot sakekwessies verwelkom en gesê hulle wil die verhouding met Velddrif versterk.

Die Kaapse Sakekamer ondersteun ook klein en mediumgrootte ondernemings deur sake-inligting, vaardigheidsontwikkeling en toegang tot ‘n netwerk van ondernemings en belanghebbendes te bied.

Lawson het die Sakekamer aange- moedig om ‘n opname onder lede te doen om vas te stel wat hul belangrikste behoeftes en prioriteite is. Die inligting kan gebruik word om meer doelgerig met die munisipaliteit en ander rolspelers oor sakekwessies te skakel.

Mario Wessels, onderburgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, het oor ontwikkelings in Velddrif en Dwarskersbos uitgebrei. Hy het benadruk dat die munisipaliteit finansieël gesond is en dienslewering en infrastruktuur belang- rike prioriteite bly.

SP Tredoux, streeksbestuurder van Agri Wes-Kaap, het insig gegee in die uitdagings waarmee die landbousektor te doen kry, soos stygende inset- en brandstofkoste, graanpryse, uitvoer- en invoerkoste en uitdagings by hawens. Dit alles plaas toenemende druk op produsente. Die Sandveld se aartappelbedryf is ook onder druk, terwyl bek-en-klouseer steeds ‘n ernstige bekommernis is. Tredoux het beklemtoon dat georganiseerde landbou en die sakegemeenskap mekaar nodig het om landelike gebiede te versterk.

Elvis Stimela en Lester Daniels van die Wes-Kaapse drankowerheid het praktiese leiding oor dranklisensies en nakoming van die wet gegee.

Die voorsitter, Johnny da Silva, het weer die belangrikheid van ondersteu- ning uitgelig en beklemtoon dat Kuns- matige Intelligensie slegs ondernemings moet ondersteun en nie die onderneming moet word nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 8 October 2026
    Weslander E-Edition – 8 October 2026

Gift this article