SALDANHA – Ná 13 jaar se harde werk het Arion van Schalkwyk sy Meester-5-skippersertifikaat verwerf, ‘n belangrike mylpaal in sy loopbaan by Sea Harvest.
Van Schalkwyk – oorspronklik van Darling – het in 2013 by Sea Harvest aangesluit nadat ‘n vriend se pa hom aangemoedig het om vir ‘n kadetpos aansoek te doen. Hy het sy loopbaan as dekwerker op die Harvest Lindiwe begin en sedertdien deur die ranglys gevorder.
Sy loopbaan het in 2022 ‘n nuwe wending geneem toe hy gekies is om sy loopbaan by Sea Harvest Australia voort te sit.
Van Schalkwyk is in Broome, Wes-Australië se Kimberley-streek, gestasioneer, waar hy in die Spaanse makrielbedryf werk en lang tye op see deurbring. Hy het egter die geleentheid aangegryp en voortgegaan om homself professioneel te ontwikkel.
Volgens Van Schalkwyk gaan die verwerwing van sy Meester-5-sertifikaat oor veel meer as net ‘n kwalifikasie: Van Schalkwyk beoog om Sea Harvest Australia se eerste Suid-Afrikaanse skipper te word.
LEES OOK: Marine careers promoted





