Die polisie in Vredenburg het ‘n ontstellende tendens die afgelope drie maande waargeneem met spaarwieldiewe wat spesifiek Suzuki S-Presso’s en Renault Kwids teiken.

Volgens kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder van die Vredenburg-polisie, is daar al tien sake aangemeld waar diewe dié twee fabrikate se luikrugdeure (hatchback doors) oopbreek en dan die spaarwiele en enige domkrag of ander toerusting waarop hulle hul hande kan lê, steel.
Die sake het in die parkeerareas van die Weskus Mall, die Ipic-sentrum en in ‘n parkeerarea in die middedorp voor dokterspreekkamers gebeur. Volgens Marx word die diefstalle blitsig gepleeg.
Die publiek se hulp word gevra om op die uitkyk te wees vir sulke diefstalle en die polisie onmiddellik in kennis te stel.
Eienaars van Suzuki S-Presso’s en Renault Kwids moet asseblief by hul naaste handelaar uitvind oor moontlike voorsorgmaatreëls wat getref kan word, terwyl die polisieondersoek na die diewe voortgaan.
Hou Weslander dop vir opdaterings oor die kwessie.






You must be logged in to post a comment.