Eiland Huis vir Gestremdes funksioneer sonder lisensie, ouers eis dat raad onmiddellik uittree:

Dankie dat julle die storie plaas. Ek het gehoor van ‘n situasie daar en dit is net verskriklik. Hopelik noudat dinge meer in die oopte is, sal hulle hul regruk. – Chrisna Ribeiro

Compliance and safety of elderly and vulnerable people is important. It’s important that when facilities’ management don’t comply they be shut down. It’s important that they comply with expected standards in making sure the elderly and vulnerable are taken care off. Should not be just about profits. Outeurities should check for compliance. All facilities and elderly homes/vulnerable people facilities should be inspected and monitored to ensure elderly are safe and staff is competent and treated/paid well. Labour department that is so much understaffed should also pull up their socks to inspect these elderly homes/homes for vulnerable people. Compliance is necessary to protect everyone. There are many more facilities that fail. – Solomons WI

Is daar ‘n storie agter die storie? Is dit ‘n besigheidskuif, of gaan dinge werklik so sleg? Ek gee toe dat sekere standaarde gehandhaaf moet word, maar die proses om wanbestuur te bewys, neem tyd, dan is daar minstens ‘n tyd wat toegelaat word om aan vereistes te voldoen. Het nog net altyd gehoor dat daardie mense hul beste gee en nou dít uit die bloute. Het gemeenskap ‘n sê, want as daar nie ‘n slang in die gras is, is dit ‘n fantastiese gemeenskapsprojek en kan alle kerke ens. betrokke raak om sluiting te voorkom. Dit is baie onverwags en die toeval is groot. – Helena Smeiman

Saldanha-families lig kwessies:

Orals gaan dit so. Ons wag ook. Twee jaar terug is dit vir ons gesê in 90 werksdae sal ons ‘n oproep kry vir huisbesoek deur welsyn. Ons moes toe die welsyn by die saal twee keer gaan besoek en dit het ook op nul uitgedraai, nadat sy gesê het sy sal ons kom besoek. Hierdie jaar is daar drie e-posse deur die hof gestuur. Nou nog niks. Dis hoekom ek sê mense wat iets goed doen, doen dit uit hul hart en gee vir ‘n kind of kinders met alles wat hul het, maar word daar net ‘n bietjie hulp gevra, val dit op dowe ore. Hoe maak jy dan nou? – Gayline Gerber

Herstel van vaartuigpermitte in hawe gevier:

Pragtig. Goeie begin. Daarna moet minister die shareholders help wat so belieg is met hulle shareholder-skap. Visvangmaatskappye wat shareholder-skap manipuleer en werkers en ex-werkers in droogte gelos het. Daai mense kort ook die minister se hulp en aandag aan die Weskus. Sit Weskusmense eerste. – Solomons WI

Vars vis en kreef wat voorsien word deur ons vissers is van die belangrike plaaslike bestanddele wat outentieke Weskus- kulinariese genot gesog maak. Ons toerismebedryf word sodoende bevorder en verskaf verdere geleenthede vir ekonomiese groei en ontwikkeling. Wat maak Weskus lekker? Weskusmense, kos en wyn maak Weskus lekker. – Joos Engelbrecht

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article