Ramprisiko van SBM samel skoolskoene in vir slagoffers van huisbrande.
Ramprisiko van SBM samel skoolskoene in vir slagoffers van huisbrande.

SEE ENGLISH VERSION BELOW

Vandag het verteenwoordigers van die Curro-privaatskool Langebaan ’n donasie van skoolskoene aan die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) oorhandig.

Carol Ferris van ramprisikobestuur (voor) saam met Curro-leerders Myles Butti en Tyler Meiring.
Carol Ferris van ramprisikobestuur (voor) saam met Curro-leerders (van links) Myles Butti en Tyler Meiring.

Volgens Carol Ferris van ramprisikobestuur by SBM vorm hierdie inisiatief deel van die munisipaliteit se breër strategie om noodhulp te bied aan kwesbare huishoudings.

“Hierdie donasies maak ’n groot verskil, veral vir gesinne wat alles verloor het in brande of ander rampe,” sê Ferris. “Kinders verloor dikwels nie net hul huise nie, maar ook hul skoolgoed en uniforms.”

Ferris beklemtoon dat dit nie net oor skoene gaan nie: “Deur die kinders van behoorlike skoolskoene te voorsien, kan hulle voortgaan met hul onderwys met waardigheid. Dit verlig die onmiddellike druk op gesinne wat deur rampe geraak is en help om te verseker dat kinders nie skool mis nie weens ’n gebrek aan basiese benodigdhede.”

Sy voeg by dat wanneer skole en gemeenskapsorganisasies sulke inisiatiewe lei, hulle meer bied as net fisiese items. “Dit stuur ’n kragtige boodskap van samehorigheid en gemeenskapsweerbaarheid,” sluit Ferris af.

ENGLISH

Today, representatives from Curro Langebaan private school handed over a donation of school shoes to the Saldanha Bay Municipality (SBM).

Carol Ferris from Disaster Risk Management (front) is pictured with Curro learners (from left) Myles Butti and Tyler Meiring.

According to Carol Ferris of SBM’s Disaster Risk Management, this initiative is part of the municipality’s broader strategy to provide essential relief to vulnerable households.

“These donations make a huge difference, especially for families who have lost everything in fires or other disasters,” says Ferris. “Children often lose not only their homes but also their school supplies and uniforms.”

Ferris emphasizes that it’s about more than just shoes: “By giving children proper school shoes, they can continue their education with dignity. It eases the immediate burden op families affected by disasters and helps ensure that children don’t miss school due to a lack of necessities.”

She adds that when schools and community organizations lead initiatives like this, they provide more than just physical items. “It sends a powerful message of solidarity and community resilience,” Ferris concludes.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article