Tuisskoling kan dalk vir baie ouers na ‘n aantreklike alternatief klink, maar dit moet met groot omsigtigheid en uiters baie navorsing vooraf gepaard gaan.

Klein onafhanklike tuisskooltjies het veral ná die grendeltyd oral in die Weskus opgeskiet.

Ouers wat self hul kinders tuis onderrig, is ‘n wettige opsie in Suid-Afrika – mits dit binne die raamwerk van die reëls daaroor gedoen word.

Dit is gewoonlik oorvol klaskamers en die aanloklikheid van onderrig wat by ‘n kind se unieke tempo en behoeftes aanpas, wat ouers tuisskoling laat oorweeg.

Tuisskoling is egter nie vir almal nie. Om dit self te doen, verg deursettingsvermoë, en ten spyte van die beste bedoelings, word dit dikwels ‘n bron van konflik tussen die ouer en kind. Alle ouers is nie onderwysers nie en almal het nie ewe veel geduld nie.

Om ‘n kind dan eerder by ‘n “tuisskool” in te skryf, is ‘n keuse wat gewoonlik spruit uit die feit dat die kind se ouers of grootouers nie die tuisskool self kan waarneem nie, óf dis ‘n stap om die ouer-kind-verhouding te red.

Stel net eers alles oor die skool vas vóórdat ‘n kind se hele omgewing ontwrig word. Vir ‘n kind om “skool” by te woon en selfs te presteer, net om ná die tyd te hoor die rapporte is nie geldig nie, is ‘n traumatiese gebeurtenis.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article