Die noodreddingspan van NSRI St. Helenabaai kort nadat hulle ‘n vissersboot van die Sandy Point-vuurtoring na die St. Helenabaai-hawe ingesleep het. Foto: Danie Hefers

NSRI red vissers met onklaar boot

Die noodreddingspan van NSRI St. Helenabaai kort nadat hulle ‘n vissersboot van die Sandy Point-vuurtoring na die St. Helenabaai-hawe ingesleep het. Foto: Danie Hefers

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die afgelope Sondagmiddag (12 April) twee vissermanne van St. Helenabaai in nood bygestaan nadat hul boot enjinprobleme ondervind het.

Volgens Devon Wild, stasiebevelvoerder van NSRI St. Helenabaai, is die diensspan om 12:48 uitgestuur nadat ‘n versoek om hulp van ‘n vyf meter lange vissersboot met twee bemanningslede aan boord ontvang is. Die boot het sowat drie seemyl van die Sandy Point-vuurtoring weens enjinprobleme begin dryf.

Die reddingsboot Rotary Onwards is ontplooi en met aankoms op die toneel is ‘n sleeptou aan die vissersboot vasgemaak. Die boot is sonder voorval veilig, met albei vissermanne aan boord, na die hawe van St. Helenabaai gesleep.

Nadat die boot uit die water gehaal is, het die vissermanne geen verdere hulp benodig nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 28 May 2026
    Weslander E-Edition – 28 May 2026

Gift this article