ST. HELENABAAI – Die NSRI se Stasie 44 in St. Helenabaai, asook ander nooddienste, het Vrydag 15 Mei gereageer nadat ’n bemanningslid van die snoekboot Rubi op see gesterf het terwyl die bemanning snoek by die Blinder gevang het.

Volgens Devon Wild, bevelvoerder van die NSRI se Stasie 44, is die diensspan onmiddellik geaktiveer nadat ’n noodoproep vir mediese bystand ontvang is. Die boot het daarna na die hawe teruggekeer waar die polisie en nooddienste ingewag het.

Die polisie se misdaadtoneel-deskundiges kom by die St. Helenabaai-hawe aan. FOTO: Danie Hefers

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, het in ’n mediaverklaring gesê die bemanning het vergeefs probeer om die 63-jarige man van Houtbaai se lewe te red. Alle aanduidings dui daarop dat hy ’n natuurlike dood gesterf het.

Vroeëre inligting vanaf die toneel het aangedui dat die man moontlik ’n hartaanval opgedoen het.

Die NSRI het sy medelye met die oorledene se familie, vriende en kollegas uitgespreek.

Die NSRI se noodnommer is 087 094 9774.

LEES VORIGE BERIG.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 14 May 2026
    Weslander E-Edition – 14 May 2026

Gift this article