Verskeie rolspelers het die Vredenburgse GPF-vergadering bygewoon. Foto: Noluvu Ludidi

Die Vredenburgse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het verlede Dinsdag (23 Julie) vergader.

Onder andere het Vredenburg se polisiebevelvoerder, kol. Lindie Marx, meer gedeel oor die stand van misdaad en aktiwiteite in die dorp.

Vir die tydperk April, Mei en Junie sê Marx was daar taamlik afpersingsvoorvalle in veral die boubedryf. Met bendegeweld was daar ook ‘n toename in moord en poging tot moord. Marx het ook gedeel dat ‘n toename in huisbrake voorgekom het, maar met samewerking van rolspelers is talle van hierdie misdadigers in hegtenis geneem.

Vir Julie meen Marx die misdaad in die dorp lyk “glad nie sleg nie”. “In al ons misdaadafdelings is ‘n werklike daling bespeur en die polisie werk baie hard.”

Die tye en dae wat meeste die misdaad- aktiwiteite voorkom, is tussen 15:00 en 03:00 en veral tussen Vrydae en Sondae. Marx het alle rolspelers wat bereid is om te help om misdaad te bekamp, bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 February 2026
    Weslander E-Edition – 12 February 2026

Gift this article