Ernie Mellet, skrywer en hoofopleier van die Amateur- Skrywersbond, hou volgende maand, op Saterdag 18 Julie, ‘n praatjie in die Piketberg-biblioteek.
Die Skrywersbond help al vir 13 jaar stokperdjieskrywers en -digters om hul werk te verbeter en gedruk te kry. Hulle help ook met selfpublikasies.
Die program begin om 08:30 en sluit ‘n boek-uitverkoping en verskeie voorlesings in. Toegang is R40.
Stuur epos na erniemellet@gmail.com of kontak Mellet by 079 333 0055 voor 16 Julie vir besprekings.




