Em-Li Daycare en gr.R-leerders het op Mandeldadag hul deel gedoen om liefde en omgee te versprei deur spesiale pakkies na die Saldanha-ouetehuis te neem. Die kinders en personeel het saamgewerk om die pakkies voor te berei en aan die inwoners van die ouetehuis te oorhandig.

Mandela Dag gevier

Liefde, omgee en bemoediging op Mandeladag

Weskus Mall, in samewerking met die Saldanha-seekadette, doen hul deel vir Mandela Dag.
Weskus Mall, in samewerking met die Saldanha-seekadette, het vir Mandela- dag gesorg dat 1 200 matriekleerders met noodsaaklike skryfbehoeftes en ‘n boodskap van ondersteuning voor hul eindeksamen bemoedig sal word. Die pakkies, wat spesiaal vir die matrukulante voorberei is, bevat onder meer ‘n boekie, pen, potlood, uitveër, stickynotes en lekkernye. Die pakkies sal binnekort aan matriekleerders van vyf skole oorhandig word, naamlik Hoërskool Weston, Hoërskool Vredenburg, Hoërskool Diazville, Hoërskool Velddrif en New Vredenburg High. Besoekers aan Weskus Mall is genooi om betrokke te raak deur boodskappe van bemoediging op die pakkies te skryf.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 23 July 2026
    Weslander E-Edition – 23 July 2026

Gift this article