Holvlei Primêr se leerders het die boomplant dag geniet.
Holvlei Primêr se leerders het die boomplant dag geniet.

Lugmagbasis plant bome vir ’n groener Weskus


LANGEBAANWEG – Die Lugmagbasis het die afgelope maande verskeie boomplant-aktiwiteite aangebied om omgewingsbewustheid te bevorder en gemeenskappe aan te moedig om ’n aktiewe rol in natuurbewaring te speel.

Die 2026 Boomplantdag-uitreikprogram is aangebied onder die tema “My Tree, My Oxygen, Plant Yours Today”, wat deel vorm van die nasionale Eenmiljardbome-program van die departement van bosbou, visserye en die omgewing.

Personeel van die Suid-Afrikaanse Lugmag, skoolkinders, onderwysers en gemeenskapsrolspelers het aan die inisiatief deelgeneem.

In September is verskeie inheemse en vrugtebome op die lugmagbasis geplant, waaronder olyfbome, wat as vanjaar se Boom van die Jaar aangewys is. Mango-, nektarien-, appelkoos- en suurlemoenbome is ook geplant.

Die inisiatief sluit aan by die bevelvoerder van die basis, kol. Muhmmad Subadar, se visie om die Weskus te “vervrug”.

Die program is ook na verskeie gemeenskapsinstellings en skole uitgebrei, waaronder Siyabonga Hospice, Pikanini se vroeëkindontwikkelingsentrum, SAFI, West Coast School, Holvlei en Masiphathisane Primêre Skool.

By Pikanini het die deelname van jong kinders praktiese omgewingsopvoeding gebied en hulle aangemoedig om van jongs af die natuur te waardeer.

Boomplantaktiwiteite by Siyabonga Hospice en deelnemende skole het die belangrikheid van natuurbewaring beklemtoon.

Bome help om biodiversiteit te beskerm, luggehalte te verbeter, koolstofdioksied op te neem en skaduwee en voedsel te bied. Die lugmagbasis het ook beklemtoon dat bome ná aanplanting versorg moet word deur dit gereeld nat te lei en teen skade te beskerm.

Die program weerspieël die Suid-Afrikaanse Lugmag se verbintenis tot omgewingsbewustheid en gemeenskapsbetrokkenheid, terwyl dit bydra tot nasionale pogings om ’n groener toekoms te verseker.

LEES OOK: Nuwe fosfaatmyn langs Langebaanweg-lugmagbasis kry omgewingsmagtiging.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 November 2026
    Weslander E-Edition – 12 November 2026

Gift this article