Die Witteklip Judoklub en Louwville Judoklub se judokas het die afgelope naweek aan die Eden Judokompetisie in George uitstekende prestasies behaal en met verskeie medaljes huis toe gekeer.
Die Witteklip Judoklub se sewe deelnemers het gesamentlik 13 medaljes verower.
Jadon Boer het ‘n goue en silwermedalje verower, terwyl Cruden Jordaan en Cuyler Jordaan elk met twee silwermedaljes weggestap het.
Chad-Lee Pieters het ‘n goue medalje verower en Robernecia Mosito het twee goue medaljes by haar versameling gevoeg.
Creche Diedericks het ‘n goue en silwer- medalje verower, terwyl Alexa Jordaan twee silwermedaljes gewen het.
Die Louwville Judoklub se drie deelnemers het ook baie goed gevaar.
Cassidy Palm en Linneque Koopman het elk twee goue medaljes verower, terwyl Charique Fortuin ‘n silwermedalje huis toe gebring het. Palm en Koopman het boonop Wes-Kaapse kleure ontvang en die Wes-Kaap by die kompetisie in George verteenwoordig. Hul afrigter, John Palm, het ook Wes-Kaapse kleure ontvang.
Die uitslae is ‘n pluimpie vir die judokas se harde werk en toewyding, asook die afrigting en ondersteuning agter die skerms.
LEES OOK: Medaljes vir jong judokas





