Angelo van Wyk (silwer), Dea-Nay Pieters (goud), Creshe Diedericks (brons), Robernecia Mosito (goud) en Jadon Boer (brons).

Medaljes vir jong judokas

Angelo van Wyk (silwer), Dea-Nay Pieters (goud), Creshe Diedericks (brons), Robernecia Mosito (goud) en Jadon Boer (brons).

Die Witteklip-judoklub het op Saterdag 29 Augustus aan die Cape Winelands Judo-kompetisie in die Paarl deelgeneem en met ‘n paar medaljes huis toe gekeer.

Die klub se judokas het hul staal teen deelnemers van ander klubs gewys en altesaam twee goue, een silwer en twee bronsmedaljes verower.

Die uitslae is ‘n bewys van die harde werk en toewyding van die klub se judokas, afrigters en ondersteuners.

Die Witteklip-judoklub se aandag is nou op hul volgende uitdaging: Die span maak gereed vir die volgende kompetisie wat tussen Vrydag 30 Oktober tot Sondag 1 November in George plaasvind.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article