‘n Markdag ten bate van die Owl Orphange vind Saterdag 3 Oktober in St. Helenabaai plaas.

Markdag vir uile

‘n Markdag ten bate van die Owl Orphange vind Saterdag 3 Oktober in St. Helenabaai plaas.

VELDDRIF – Ná agt jaar se versorging van uile in nood staar die Owl Orphanage sluiting in die gesig.

Die organisasie moet weens finansiële druk sy deure sluit, met die gemeenskap wat nou die geleentheid kry om op ‘n spesiale markdag sy steun te wys.

Die markdag ten bate van die Owl Orphanage vind Saterdag 3 Oktober by De Palm-leefstylsentrum in St. Helenabaai plaas.

Die geleentheid word in samewerking met In & Om Weskus en De Palm-leefstylsentrum aangebied en sal plaaslike entrepreneurs, stalletjies en lewendige musiek insluit.

Jacques Nel, stigter van die Owl Orphanage, het destyds met die Weslander gedeel dat die besluit om die organisasie se deure te sluit nie oornag geneem is nie.

Volgens Nel het hy die afgelope jaar en ‘n half hard geveg om die rehabilitasiesentrum aan die gang te hou, maar die finansiële druk het uiteindelik te groot geword.

Die Owl Orphanage het oor die afgelope agt jaar ‘n veilige heenkome gebied aan uiltjies wat hulp, sorg en rehabilitasie benodig.

Die markdag is daarom daarop gemik om ‘n laaste helpende hand aan die organisasie en sy werk te bied.

Plaaslike ondernemings en entrepreneurs word genooi om ‘n stalletjie teen R100 te bespreek en terselfdertyd ‘n goeie doel te ondersteun.

Besoekers kan op die dag plaaslike produsente ondersteun, iets te ete of te koop kry en die dag met musiek geniet.

“Kom staan. Kom ondersteun. Kom maak ‘n verskil,” is die boodskap aan die gemeenskap.

Stuur ‘n WhatsApp na 066 062 3739 om ‘n stalletjie te bespreek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article