Lede van die Witteklip-judoklub is (van links) die afrigter Jacques Boer, klubvoorsitter Joshua Jordaan, Robernecia Mosito, Dea-Nay Pieters (brons) en Chad-Lee Pieters (goud).

Judokas van Witteklip tops

Lede van die Witteklip-judoklub is (van links) die afrigter Jacques Boer, klubvoorsitter Joshua Jordaan, Robernecia Mosito, Dea-Nay Pieters (brons) en Chad-Lee Pieters (goud).

VREDENBURG – Drie jong judokas van die Witteklip-judoklub het hul staal by die SA Nasionale Judokompetisie van Maandag tot Vrydag, 6-10 Julie, in Gqeberha (Port Elizabeth) gewys.

Chad-Lee Pieters het ‘n goue medalje verower, terwyl Dea-Nay Pieters met ‘n bronsmedalje huis toe gekom het. Robernecia Mosito het ook uitstekend gevaar en gekwalifiseer om haar Wes-Kaap-kleure te verwerf. Sy neem op Saterdag 31 Oktober in George aan die Wes-Kaap-kleuregeleent- heid deel. Die jong sportmanne en -vroue se prestasies is ‘n bewys van hul harde werk, dissipline en toewyding aan judo, het Jacques Boer, hul afrigter, gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 August 2026
    Weslander E-Edition – 13 August 2026

Gift this article